Toe alles tot stilstand gekom het
CHARMY SKRYF:
Terwyl Namibië besig was om vir Onafhanklikheidsvieringe voor te berei, het die Rehoboth Baster-pendelaars gereed gemaak om huis toe te gaan.
Alles het binne ’n paar uur heeltemal verander, sonder enige waarskuwing. Alles het vir ’n paar uur tot stilstand gekom. Die brug na die weegbrug het gebreek.
Ná die vele pragtige waters het ons skielik geen heenkome gehad nie. Ons het paniekerig geraak. Die eerste vraag op die meeste mense se lippe was, hoe lank sal dit neem om die pad reg te maak?
Ons het bymekaar gestaan om te besluit watter roete die beste sal wees om by die huis uit te kom. Ons het met mekaar gesels, raad gegee en mekaar aan die hand gevat. Ons moet by die huis uitkom, of dit nou Donderdag of Vrydagoggend was. Ons het verpligtinge en om te oornag was die heel laaste opsie.
Werkgewers het hulp aangebied en van hul personeel in gastehuise ingeboek, ander het probeer om die ompad te ry, want hulle het groot voertuie gehad. Maar tog was daar van hulle wat in bussies moes slaap, want hulle het geen heenkome gehad nie. Die mammies wat sonder hul kindertjies moes slaap, moes dringend planne maak dat hulle veilig aan die “ander kant” is.
Pappies wat moedeloos sit en wag, want hulle het Windhoek toe gekom vir ’n klein werkie om ’n brood die aand op tafel te sit. Mammas wat klein babas het, wat dringend moes huis toe gaan, maar die noodlot het ons getref. Hoe verduidelik jy aan ’n driejarige dat die brug gebreek het, en ons kan nie huis toe kom nie. Hoe verduidelik jy dat “nee, ons kan nie ’n plaster opsit nie”, dit gaan ure neem voor dit reggemaak kan word.
Van ons het doodstydings gekry, ons geliefdes se laaste woorde gemis, of ons kon nie ons kleintjies se verjaarsdag vier, of betyds hul geskenkies bring nie, ons kon nie huis toe gaan nie.
Vir die eerste keer in soveel jare was ons hande afgekap. Ons het gebid, ons het gehoop en ons het geglo. Ons Bastergemeenskap het mekaar gedra die paar dae en dis al wat saak gemaak het.
Ons het verenig en ons het dit gemaak. Die pragtige gesiggies wat by die huis vir ons gewag het, die blydskap dat ons veilig is, die liefde wat ons gekry het, want ons het huis toe gekom.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie