Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Tog so ironies

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

Dis tog so ironies dat die slim pro-inentingsbrigade deesdae so stil is. Nou dat die woordvoerder van Pfizer op internationale televisie voor die Europese Unie verklaar het dat daar geen bewys was of is dat dit enigsins transmissie keer of voorkom nie, en die wat nie die inspuiting wou kry nie, verneder, verwerp en bespot was. En al hoe meer negatiewe mediese kondisies nou na vore kom in dié wat wel deur Klaus Schwab, sy trawante en die hoofstroommedia beïnvloed was. Werknemers wat “vrywillig verplig” was deur werkgewers, en deur hulself nie te wou vergiftig het deur onbeproefde wetenskaplike uitsprake van farmaseutiese maatskappye wat slegs winsbejag nastreef, ten koste van lewensverlies, hulle werk verloor het. Dit bewys weer eens dat geleerdheid nie altyd intelligensie weerspieël nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer