Van die Oerknal tot Sterstof
PIERRE MASSYN SKRYF:
“Ons bestaan uit sterstof. Ons dra al eeue lank dieselfde bestanddele wat oorgestaan het na die Oerknal miljoene jare gelede.”
Sterstof? Wie het al van sterstof gehoor? Ek onthou op Woodstock in 1969 het Crosby, Stills Nash and Young gesing:
Well, I came upon a child of God
He was walking along the road
And I asked him, “Tell me where are you going?”
Gevolg deur
We are stardust
We are golden
We are million year old carbon
And we’ve got to get ourselves
Back to the garden.
Want van die vroegste tye af het die mens al gewonder oor sy oorsprong, wie hy is en waar alles vandaan kom.
Nico Walters weet van sterstof. Dalk, net dalk het hy vir ons ’n antwoord.
Nico Walters se soort is dun gesaai. Hy is nie net ’n wetenskaplike van wêreldgehalte nie: hy is ook ’n filosoof. Hy skryf onder meer oor wiskunde, fisika en geskiedenis. Oor die laaste onderwerp slaan hy sydelings die storie oor die kompas wat kwansuis geen afwyking tussen geografiese noord en magnetiese noord oor baie jare getoon het, toe die Portugese ontdekkingsreisigers in die laat veertienhonderds verby die Suidpunt gevaar het, summier die nek in: “Dis loutere twak man! Slegs in 1598 was dit vir ’n kort rukkie zero.”
Sy aanbieding oor die Oerknal volg die klassieke oorsaak-gevolg redenasie: vir elke aksie moet daar ’n reaksie wees. Ongeveer 13,8 miljard jaar gelede het daar ’n ingrypende gebeurtenis plaasgevind: die Skepping. Iets is uit Niks geskep. Ons sonnestelsel, die Melkweg, het na 8 miljard jaar gevorm en die aarde 9,2 miljard jaar ná die Oerknal.
Die tapisserie van die heelal is eenvoudig te onskatbaar om met ons menslike brein te begryp, peins hy.
”Selfs ons gevorderdste kennis van wiskunde en fisika skiet ver te kort om die oorsprong van die kosmos te begin verstaan.”
Dr. Nico Walters was die gasspreker op die Agulhas Erfenisvereniging se maandelikse saamtrek in die Heemhuis in Afrika se suidelikste dorp.
Hy spring ligvoets deur die ligjare; noem die baanbrekers wat die pad deur die eeue en tussen die flonkerende sterre gebaan het: Anixmander, vader van die kosmologie; Copernicus, wat eerste bepaal het die son is die middelpunt van ons sonnestelsel en dat die aarde om die son beweeg; Galileo het Copernicus se teorie aanvaar. (En is vir sy moeite summier deur die primitiewe kerk tot ketter verklaar); en dan die skepper van die relatiwiteitsteorie, Albert Einstein; asook Edwin Hubble se ontdekking dat die heelal uitsit.
Die Oerknal. Die een konsep wat in ’n oogwink ’n hewige debat kan laat ontstaan, maar terselfdertyd die een teorie wat toenemend steun geniet as die vlietende oomblik toe alles in ’n oogwink “geskep” is.
“Ruimte en tyd het ná die Oerknal ontstaan,” is Walters se mening, en as denker en student van die oorsprong van alle dinge behoort hy te weet waarvan hy praat.
“Ruimte en tyd groei deurentyd. Ruimte en tyd kan ook gebuig word deur massa.”
Maar wat het die Oerknal veroorsaak? Volgens Walters was daar ’n hiper-klein tipe vakuum met kwantum fluktuasies waaruit die elementêre deeltjies soos kwarke en elektrone en die vier fundamentele kragte (swaartekrag, elektromagnetisme en die sterk en swak kernkrag) ontstaan het.
Maar so eenvoudig is dit nie.
“Sedert daardie allesbepalende oomblik toe alles begin het, het die heelal al 128 keer gegroei! En dit in ’n baie kort tydjie, die sogenaamde inflasie epog.”
Dis hoogs abstrak om te probeer bepaal waar alles begin het, en tot waar die “toekoms” in die ewigheid in strek. Maar hierdie bobaas-storieverteller laat die skeppingsverhaal soos ’n sprokie klink, al is dit onmenslik kompleks.
Hy boei sy gehoor met eenvoud en deernis: “Jy kan tot vandag toe die eggo van die Oerknal hoor.” (Is dit hoekom ek vrede en déjà vu onder sterlig en maanskyn beleef op see?)
“Sien julle hierdie tafeltennisbal? Net ná die inflasie was die heelal só groot! En het julle geweet protone en neutrone het een duisend-duisendste van ’n sekonde na die Oerknal ontstaan! Maar sterre het 200 miljoen jaar ná die Oerknal ontstaan!”
Ingewikkelde konsepte soos Kwarks, Leptone, Swart Gate en Supernova’s – kosmiese ontploffings waardeur sterre ontstaan – rol maklik van sy tong af. Gekonsentreerde gaskolke vorm deel van ’n soort kosmiese “sop” waarvan die hoofbestanddele waterstof en helium is – hierdie sop het byvoorbeeld sy eie dinamika. Die eerste verskynsel van helium was in die vorm van ’n tipe plasma. Hy verduidelik dat vry elektrone oorspronklik met waterstofkerne verbind het om atomiese waterstof te vorm.
“Kernsintese het spontaan begin drie minute ná die Oerknal!” Tussendeur vul hy sy praatjie aan met video’s. Hier deel dr. Don Lincholn ons mee dat ruimte vinniger kan uitsit as die spoed van lig. En die spoed van lig is 300 000 kilometer per sekonde!
Merkwaardige spreker wat hy is, laat Walters sy gehoor in stomgeslane ekstase met die volgende konsep: sterre is ook kosmiese fabrieke wat swaarder elemente skep.
Dankie Nico Walters vir die nuwe wêreld wat jy vir ons oopgemaak het. David Bowie het in 1972 ’n trefferlied gehad met die naam van Star Man. Dis vir jou geskryf.
Jy is ’n Stermens.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie