Vandalisme
P. J. VENTER (SNR) SKRYF:
Mense met ’n gesonde lewensuitkyk behoort mislik te voel en onthuts te wees oor die buitengewone voorkoms van vandalisme by onderwysinstellings regoor die hele land.
Dit is nie ’n katastrofe wat aan ’n siekte/pes of ander natuurlike oorsake gewyt kan word nie. Tog is daar homo sapiens (mense) direk by betrokke waar dit voorkom.
Die enigste doel van onderwys is om kinders op te voed sodat hulle kan uitstyg bo die ander diere van die natuur om oor hulle te heers. Maar net laasweek is ek hier in Elisenheim gemartel by die aanskoue van instinktiewe, ingebore vernielsug deur jong kinders: ’n Motor en vliegtuig wat in ’n speelpark vir ontspanning geplaas is, word letterlik verniel deur klipgooiery en stukkend slaan met stukke hout en yster.
Waar’s die ouers? Onder wie se volwasse verantwoordelikheid is kinders, terwyl beide ma en pa besig is om te sweet vir meer materiële welvaart? Watter mag binne ’n mens dwing jou byvoorbeeld om ’n klip op te neem waarmee iets beskadig of iemand anders beseer kan word. 200% van ouers wat hier lees, sal ontkennend sê, dat dit nie hul kind(ers) is nie.
Klaar ’n leuen, want baie van julle weet nie waar julle kind(ers) bedags ronddwaal nie. Erger nog, talle van ons ontken die bestaan van duistere magte en owerhede wat vrylik van die mens besit neem om enige denkbare misdaad en gruwel te kan bedryf.
Daar is ’n oplossing, iedereen van ons het God nodig – die ware God. Draai na hom toe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie