Vergeet van reg in eie hande
Daar trek die afgelope weke nie ’n rokie van moontlike arbeidsonrus iewers in die land nie, of die Namibia Economic Freedom Fighters – die Namibiese EFF – daag met hul rooi berets en oorpakke by sodanige werkplekke op.
Sedert mnr. Michael Amushelelo se aankondiging dat hy die Affirmative Repositioning Movement (AR) vir NEFF as sy nuwe politieke tuiste verruil, gevolg deur mnr. Dimbulukeni Nauyoma kort op sy hakke, is daar nuwe vuur in dié klein en tot nou toe onbenullige party.
Ná Vrydag se gebeure by China Town in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied en die opruiende politiekery wat daartoe aanleiding gegee het, is twee dinge egter duidelik.
Amushelelo speel met mag en mening vir die pawiljoen vanwaar ontnugterde en politiek-gefrustreerde jong Namibiërs hom aanhits.
Tweedens maak hy seker hy kry genoeg lugtyd in die media.
Vrydag se optrede deur NEFF en sy ondersteuners moet met die afkeur verwerp word wat dit verdien.
Daar is géén regverdiging daarvoor om reg in eie hande te neem nie.
Die doel heilig nié die middele nie, mnr. Amushelelo en kie.
Namibiërs beleef ’n magdom frustrasies en teleurstellings. Daar heers groot desperaatheid, soos die politieke ontleder en navorser, mnr. Christie Keulder, tereg uitwys.
Ongelukkig moet 'n mens wonder of Amushelelo op hierdie desperaatheid kapitaliseer ter wille van sy politieke ambisies.
In die proses hang sy (Julius) Malema-onderrok egter onbeskaamd uit. Die EFF-leier se strategie was nog altyd om die haatfaktor te gebruik om die trom van verdeeldheid te slaan.
Geskille kán nie deur verdeeldheid bygelê word nie.
Volwasse leierskap pleks van politieke personas is wat Namibië nodig het.
SÓ SÊ ANDER
Rapport, 15 Mei 2022
Boucher-saak: Krieketbase staan kaal toe wind opsteek
In sy klagstaat teen Mark Boucher het Krieket Suid-Afrika hom opgetof in sy deftigste klere, bors uitgestoot en in hoogdrawende taal die Protea-breier van ’n rits ernstige oortredings beskuldig: rassisme, growwe wangedrag en, les bes, optrede wat KSA in “oneer” gebring het.
Nadat die saak teen Boucher binne vier maande skouspelagtig ineengetuimel het, het KSA die afgelope week in ’n druipstert-verklaring gesê hy trek al die klagte “formeel en onvoorwaardelik” terug.
Hoe bevind die KSA-raad hom in ’n posisie waar hy stert tussen die bene moet teruggaan na ’n breier wat hy wou laat afdank?
Dit het alles begin by die ondersoek na rassisme in krieket (die SJN-proses), wat deur adv. Dumisa Ntsebeza gelei is. Die raad se grootste flater was om te veel gewig aan Ntsebeza se verslag te gee. Die advokaat self bestempel sy bevindinge as “tentatief”, maar in die klagstaat laat KSA dié beskeie skietgoed soos ’n kanon klink, terwyl dit nader aan ’n kettie is.
Selfs met die samewerking van hul twee potensiële hoofgetuies, die oud-Protea-draaier Paul Adams en die gewese Protea-assistentbreier Enoch Nkwe sou dit maar broekskeur met KSA se papierdun saak gegaan het.
Moes die krieketbase nie seker gemaak het hul getuies is agtermekaar vóórdat hulle Boucher aangekla het nie?
En nou, ná die moeder van alle terugkrabbel-pogings, moet KSA ’n manier vind om brûe te herbou met ’n afrigter wat hy van alle kante met ’n teerkwas bygedam het.
Die krieketbase se deftige klere was toe maar net flentertjies lap – en toe die wind eers opsteek, het hulle kaal voor die land gestaan.
Dit was op die ou end nie Mark Boucher wat krieket in oneer gebring het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie