Verlange. . .
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
’n Tikkie verlange in my hart
Glimlag inni warm son
Klippe oppi rant verbrand
Heimweë aani Namib se kant
So ver as die dag breek rooi
Oggend warm op my gesig ontplooi
Daar waar die eggo’s verdwaal
Deur berge en dale vertaal
Vanaf die koue Atlanties wes
Inni warm Namib my dors les
Hoog bo die Brandberg sê
By sy voete waar Welwitschias lê
Ruacana en Kavango-Noord
Makalanis en Palmwag voort
Tot die gange vanni Visrivier
Kronkel suid die Oranje met swier
Halfmens staan die kokerboom
Brouselsoet virri groot oom
Daar by die Kalahari-rant
Kameeldoringboom inni rooisand
Amen ja Amen 'O Heer.
Verlange, het my siel kry seer
Namibië kruie warm of koud
Wyd en syd oë verwoë benoud.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.
’n Tikkie verlange in my hart
Glimlag inni warm son
Klippe oppi rant verbrand
Heimweë aani Namib se kant
So ver as die dag breek rooi
Oggend warm op my gesig ontplooi
Daar waar die eggo’s verdwaal
Deur berge en dale vertaal
Vanaf die koue Atlanties wes
Inni warm Namib my dors les
Hoog bo die Brandberg sê
By sy voete waar Welwitschias lê
Ruacana en Kavango-Noord
Makalanis en Palmwag voort
Tot die gange vanni Visrivier
Kronkel suid die Oranje met swier
Halfmens staan die kokerboom
Brouselsoet virri groot oom
Daar by die Kalahari-rant
Kameeldoringboom inni rooisand
Amen ja Amen 'O Heer.
Verlange, het my siel kry seer
Namibië kruie warm of koud
Wyd en syd oë verwoë benoud.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie