No Image Caption

Verskillende kulture

Mandy Rittmann
JURIE VILJOEN SKRYF:

Daar is baie dinge wat ek nie verstaan nie, dalk nie die skerpste potlood in die pakkie nie, sou u kan sê.

Ek weet van kulture waar die oorledene ter ruste gelê word voordat die son sak, of waar jy hom in ‘n beesvel begrawe. Ek verstaan egter nie dat ‘n afgestorwe ikoon op reis moet gaan sodat mense afskeid van hom kan neem nie. Om te wat?

Hierdie saak is ook nie iets waarvoor jy riglyne kan neerlê, of vooraf ‘n besluit kan neem nie. Ek dink dit is ‘n paar ringkoppe wat dit besluit het, dalk met goeie bedoelings, maar daar is ook baie mense wat voel die status van die afgestorwene word oneer aangedoen. Hierdie prosessie is nie my kultuur nie, ook nie die van enige bevolkingsgroep in Namibië nie.

Die prosessie is verby en in my gedagtes eer ek die nalatenskap van Sam Nuyoma, maar ek is oortuig dat so ‘n ikoon sou verkies het om rustig gelaat te word.

Met agting aan die afgestorwene.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer