Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Verwoesting van mopaniewoude

Mandy Rittmann
ANONIEM SKRYF:

As ’n trotse Namibiër en bewaringsbewuste van ons eeueoue boomerfenis, wil ek graag net onder u koerant se aandag bring dat grootskaalse mopanieboom-uitwissing deesdae in die Kunenestreek plaasvind.

Bome word afgekap en in een meter stukke gesaag. Hierdie word dan as brandhout na Suid-Afrika uitgevoer. Hierdie word gedoen deur groot “interlink”-lorries.

Volgens die operateurs beskik hulle oor geldige permitte om dit te doen, vanaf bosbou. Hierdie is moeilik om te glo, aangesien hierdie oes van mopaniebome nie volhoubaar is nie en die sensitiewe ekosisteem van die gebied verwoes word. Miskien kan u gewaardeerde koerant op hierdie saak ingaan, aangesien ons krete namens die bome van ons land nie gehoor word nie.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!