Praat Saam Briewe
Praat Saam Briewe

Visterman

Mandy Rittmann
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

’n Seelewe in my jare

Seekos kriewel in my are

Kry rigting vanni suiderkruis

Waar seevoëls duik en vis uitwys

Seekaart verrimpel op my gesig

Eelte oppi hande is my gedig

Net afgooi inni diep water

Vol vis met seën aan die Vader

See anker en net oplap

Seevoël in my geselskap

Boeg loodreg klief nie skaam

Dolfyne en sekelmaan beaam

Daar waar die seevoëls diep duik.

Snoekkop en kuite gee ’n mooi uitkyk

Seewater kliets aan die boeg

Seelewe maak my nie moeg

Douvoordag tot swaens laat

Seelewe in my gelaat

Stormsee en spieëlglad water

’n Visterman is alle mater.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!