Vra ons om punte vir jul dienste te gee
PIET VAN ZYL SKRYF:
Die artikel "Regering se hulp gevra om Gochas te ontwikkel" (10 Junie 2022) verwys na die sogenaamde “Gochas Business Park” as ’n ekonomiese drywer vir die dorp, omdat toeriste dikwels daar stilhou.
Bewaar my egter van so n ekonomiese drywer, soos die plek tans daar uitsien en bedryf word, want die ekonomie gaan oor vraag en aanbod en artikels wat hande verwissel teen betaling, wat dan inkomste beteken vir die raad, waarvan ons niks hoor in hierdie nuusberig nie.
'n Paar opmerkings oor hierdie "sakepark", wat algemeen bekend staan as ’n wit olifant.
Volgens die berig sou die oprigting hiervan iets soos N$17 miljoen kos en dit is uiteindelik voltooi teen N$21 miljoen (ek sê weer, volgens hierdie nuusberig, so as ek verkeerd is, vra ek verskoning en iemand kan ons dan met die regte syfers voorsien).
Skynbaar sou hier ’n internetkafee, koffiewinkel, ’n wassery en oornaggeriewe wees. Tenders is sou na bewering uitgegee word aan mense wat die nodige kundigheid, asook finansies om ’n sukses van die park te maak. Die tender vir die wassery is na bewering uitgegee aan ’n raadslid en die besigheid het glo misluk omdat die masjiene binne ’n week uitgebrand was. En so staan hulle nog steeds.
Die raad is ook genader deur mense wat ruimte wou huur om ’n klere winkel te begin, asook ander wat hulle eie besigheid wou bedryf, weereens bekwame mense wat weggewys is, asook mense wat hulle genader het om die kampterein vir die dorpsraad te bestuur, nodeloos om te sê, dit is geweier en die terein verwaarloos.
’n Inwoner van die dorp het in gesprek met me. Lisma Swartz gevra hoekom hulle soiets wil doen, in plaas van om vir mense huise te bou en die rioolstelsel in werking kry, waarop die persoon moes hoor: “Julle is net altyd negatief”.
Dieselfde raad gaan vir hul jaareindfunksies na Swakop en Upington.
Daar is ook bewerings dat Nama-boere wat alle hulle diere verloor het tydens die droogte van 2019, steeds rekeninge vir die huur van weiding kry.
Hierdie onbetroubare informasiebron wat sê dat die boere so swak betaal, moes dalk vir me. Adams ingelig het oor hoeveel vee in die afgelope jaar van boere gesteel is. Om maar een voorbeeld te noem: 76 skaap is onlangs van een persoon gesteel, maar danksy die goeie werk van Mariental se veediefstaleenheid, is ’n redelike persentasie van die diere teruggevind. Wees verseker van die boere se waardering.
Indien hier enigiets gesê is wat foutief is, vra ek nederig verskoning en is bereid om dit hier op ’n dieselfde plek in die koerant reg te stel, maar indien dit waar is, is dit geen wonder dat die dorpsraad swaar kry nie.
Ek is 73 jaar oud en my vrou in haar laat sestigs, maar ons staan nie op die markplein rond en verkwalik ander mense omdat dit met ons sleg gaan nie, omdat ons nie wil werk nie, maar verdien elke dag ons brood in die sweet van ons aangesig soos die Woord ons leer.
Ons verneem uit die artikel dat jongmense ’n versoekskrif vir grond vir landbouproduksie by die dorpsraad ingedien het. Die vraag is hoekom is die regering nog nie genader is om ’n deel van die plaas wat hulle naby aan Gochas gekoop het beskikbaar te stel vir hierdie landbouproduksie nie?
Miskien moet die dorpsraad daaraan dink om ’n vraelys na die inwoners van die dorp uit te stuur, waarin hulle vra dat die inwoners op ’n skaal van 1 tot 10 moet aandui hoe tevrede hulle is met die dienste wat hulle ontvang.
Hierdie is nie ’n poging om ’n wig in die gemeenskap in te dryf nie, maar eerder om te sê dat ons vir mekaar omgee en dit graag so sal wil hou, en dat ons daarop moet let om verantwoordelike besluite te neem, byvoorbeeld met die oorweging van tenders.
Dankie vir die geleentheid om my en ander boere se saak te stel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie