Vrae oor Lubowski
BLIKBREIN SKRYF:
Reaksie op berig “Antwoorde sterf saam met Geingob”, (bl. 3, Republikein, 14 Februarie 2024). ’n Smerige geskiedenis.
Die harde vraag moet gevra word: Wie het die meeste gebaat met die dood van Lubowski?
Ek het die man met die welige boskasie gereeld raakgeloop in die publiek. Alhoewel ons langs verskillende politieke vure gesit het, was hy altyd hoflik met ’n kopknip van erkenning. Sy gesin was gewoonlik ook aan sy tafel met geen lyfwagte in sig nie.
Anton Lubowski het deur die Swapo-party geledere gestyg en ten tyde van sy dood dien hy in die party se hoogste gesagsliggaam, die sentrale komitee. Hy was as sekretaris betrokke met finansiële sake. Beskou ’n mens die latere gebeure, bekend gemaak en verswyg, sal enige persoon met ’n gesonde reuksin, ’n vrot komplot ruik.
Deur net die karige feite op ’n tydlyn te plaas, wil iets nie strook nie.
* 3 Februarie 1952, Anton gebore, te Lüderitz.
* 12 September 1989 word hy met ’n AK-47 voor sy huis in Windhoek doodgeskiet.
* Mei 1991 word Donald Acheson skuldig bevind en na Ierland gedeporteer. Hy word, ondanks bevindings, nie van moord aangekla nie.
* 29 November 1994 word doodstraf in Suid-Afrika afgeskaf.
* Januarie 1995, bevind regter Harold Levy dat Acheson – bygestaan deur lede van die Suid-Afrikaanse Siviele Kooperatiewe Buro –verantwoordelik was vir die dood van Lubowski.
* 26 Augustus 2015 word Lubowski in die helde-akker in Windhoek herbegrawe.
Die sluipmoordenaar Donald (Dolan) Acheson is blykbaar ’n Ierse burger. Daar is ook ’n Ierse Sir Donald Acheson gebore in Belfast. Verlangs familie? Donald Acheson kan ’n masjiengeweer soos die AK-47 hanteer. In Ierland is wapenkennis in daardie troebel jare algemeen.
Hy word in Suid-Afrika verhoor en dien slegs agt maande tronkstraf uit. Verskeie berigte meld dat hy nie alleen opgetree het nie, en noem die Suid-Afrikaanse Siviele Kooperatiewe Buro as medepligtiges. Dit maak die hofsaak in Suid-Afrika verdag.
Hoekom vra Swapo nooit daadwerklik vir Acheson se uitlewering nie? Lubowski was immers ’n prominente partyfiguur.
Wie was teenwoordig ten tye van die sluipmoord?
Waar kom sluipmoordenaar Acheson vandaan? Is Donald Acheson hoegenaam sy regte naam?
Wat was hy vergoed vir die sluipmoord en deur wie?
’n Moorddossier word nooit gesluit nie. Wat is die status van hierdie een? Laaste spekulatiewe vraag: Wat was die “fasiliteringsfonds” waaroor president Geingob en Lubowski sou gepraat het voor sy dood? In hierdie stuk stink geskiedenis is net te veel bitter vrae.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie