Waar is die waghonde?
ROOI OLIFANT SKRYF:
Rehobothers het in 2021 aan die begin van die Covid-19-inperking ompaaie, skelmpies en wederregtelik na die kus, Windhoek en elders geneem.
Dit, hardhorendheid, opsetlikheid en onbeheerste drinkery het veroorsaak dat Covid-19 soos ’n onkeerbare, verterende veldbrand deur die land voortgewoed het.
Rehoboth is weer ’n episentriese spilpunt vir ’n 20 keer dodeliker variant, volgens gerugte. Dié keer moet die veiligheidsmagte, nog voor die winter, strenger maatreëls in die beste belang van openbare gesondheid en nasionale veiligheid, in en rondom Rehoboth, instel. Ons wil nie as gevolg van nalatigheid siek word en sterf nie.
Die media, gesondheid- en onderwysowerhede, en die waarnemende president is grafstil soos die bekruipende virus self ten spyte van uitbrekings in Suid-Afrika, gonsery op sosialemediaplatforms, en na bewering, twee nuwe gevalle by ’n hoërskool op Rehoboth op dag een op Vrydag 16 Februarie 2024, en 9 en 20 gevalle op die tweede en derde dag, onderskeidelik.
Nie eens oor die feit dat Korona laas keer negatiewe impakte op die land, volk en ekonomie gehad, en byna als tot stilstand geruk het benewens menige sterftes nie, skrik hulle nie wakker nie.
Ons vergaan. Waar is die waghonde? Als kan en mag nie oor één sterfgeval platval nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie