Wanneer jy jou grys hare begin tel
Slegs ’n paar dae ná Koningin Elizabeth II se dood, moes ek kersies vir my 22ste verjaardag doodblaas. Ons almal weet hoe meer jare by jou lewe gevoeg word, hoe meer peinsend raak die herdenking van jou geboorte.
Ouboet en stiefboet sit en kyk “Game of Thrones” en al waaraan ek kan dink, is al het ek wat ook al in my 22 jaar gedoen, is die waarheid steeds dit sou waarskynlik nie genoeg gewees het nie. Dit is maar wie ons as mense is – ons wil altyd meer hê en beter doen.
Ek begin toe my vriende tel, my grys hare (tot my verligting staan daardie getal op ’n vet, ronde nul), al die kere wat ek gaaf was teenoor ander, al die kere wat ek iets gedoen het met die doel om iemand anders se dag te verhelder en al die kere wat ek die ander wang gedraai het.
Ek was vir ’n oomblik in my skik met die wete dat ek dit nie op my een hand kan tel nie, want ek doen graag dinge vir ander mense – al is dit vir die selfsugtige rede dat dit my toelaat om goed oor myself te voel.
Net vir ’n oomblik is my gewete gesus, maar toe begin die masjienerie in my brein kliphard te dreun; en nou sit en tel ek al die kere wat ek ’n nare mens was.
Elke lelike ding wat ek ooit vir my broer gesê het, die een enkele keer wat ek en my ma vasgesit het, die mense wat so graag goed bedoelde boodskappies stuur wat ek ignoreer, elke slegte ding wat ek nog ooit oor ander kwytgeraak het.
Nou weet ek ek moet ook voornemens vir my 22ste lewensjaar maak, maar hoe? Hoe maak ek reg wat stukkend is? Moet ek die meisie met wie ek in graad 4 lelik was op Facebook gaan soek en om verskoning vra? Ek sal so maak, ja – wat was haar naam nou weer? Was dit Candice of Britney? Wat is Britney se van? Is 'n verskoning regtig al hierdie moeite werd? Hulle het waarskynlik al vergeet.
Nee wag, dink ek. Hulle het seker al vergeet so ek sal maar net moet seker maak dat ek dit nie weer doen nie. Ons was nog kinders, ons breine was nog nie goed ontwikkel nie. My brein sal nie volledig ontwikkel wees tot ek 25 jaar oud is nie.
Nou sit en dink ek, as my brein nog nie volledig ontwikkel is nie, hoekom probeer ek my gedra asof dit is? Ek is nog jonk – my prefrontale korteks sal eers oor ’n paar jaar heeltemal ontwikkel wees. Ek kan maar nog jonk en dom wees.
Kom ek begin sommer om te studeer, terwyl ons nou hier is – oor vier jaar is ek in elk geval 26. Ek is eerder 26 met ’n kwalifikasie, as 26 met nog meer skuldgevoelens.
Ek dink dit is waar ons keer op keer vasval – die mentaliteit van “ek is te oud”.
“Ek is so oud ek kan nie meer gaan studeer nie; ek kan nie meer leer om viool te speel nie; ek kan nie meer begin om naaldwerk te doen nie – ek is te oud.”
Tyd staan vir niemand stil nie – veral nie vir jou om te besluit wat jy met jou lewe wil doen nie. Oor ’n paar jaar is jy in elk geval ouer.
Ek dink net dit sal ’n groot verskil maak as jy ouer is met vaardighede as om ouer en spyt te wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie