No Image Caption

Wat gaan in Keetmanshoop aan?

Mandy Rittmann
ANDRE BLAAUW SKRYF:

Al die senior amptenare en die hoof uitvoerende beampte is ontslaan, of het bedank! Die hoof uitvoerende beampte, mnr. Desmond Basson is die deur gewys. Die hoof van finansies, asook die hoof van tegniese dienste het bedank. Die hoof van gemeenskapsontwikkeling is ook ontslaan en sy arbeidsaak is tans hangende.

Die hoof van gemeenskapsontwikkeling, mnr. Jegg Christiaans, is aangekla omdat sekere raadslede ’n munisipale voertuig onregmatig geneem het en volgens hulle Gochas toe gery het. Die GPS wys egter dat hulle op pad Windhoek toe was! Mnr. Christiaans, op daardie stadium waarnemend as hoof uitvoerende beampte, het die petrolkaart van die betrokke munisipale voetuig gestop. Hy word toe geskors met volle vergoeding, hangende ’n departementele klag. Hy word skuldig bevind aan nalatigheid en ontslaan, desnieteenstaande die feit dat die voorsitter van die departementele verhoor ’n waarskuwing as straf aanbeveel het!

Nog twee senior dames (werknemers) beland in die spervuur omdat hulle nie teen mnr. Christiaans wou getuig nie. Hulle is geskors met volle betaling. Die skorsing met volle vergoeding het ’n jaar geduur. Een van die dames het intussen bedank. Wel, mnr. Christiaans het net sy plig nagekom, want sou hy nie die kaart gestop het nie, sou hy in elk geval die gevaar geloop het om beskuldig te word deur ander raadslede, dat hy stilswyend die onregmatige optrede van die spesifieke raadslede goedgekeur het en dus aandadig kon wees.

Wat het dit die reeds finansieel wankelende munisipaliteit met ’n verarmde gemeenskap gekos? Die vergoeding aan mnr. Christiaans oor die periode van 25 maande sonder om te werk was minstens oor die N$1,5 miljoen. Die vergoeding aan die twee dames oor ’n tydperk van ongeveer 12 maande was ’n verdere ongeveer N$1 miljoen! Dit sluit nie in die regskostes vir die munisipaliteit self nie, wat opsig self ’n aansienlike bedrag moes gewees het.

Kiesers sal twee keer moet dink!



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-02-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 21° Rundu: 19° | 24° Eenhana: 20° | 26° Oshakati: 21° | 28° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 20° | 26° Otjiwarongo: 19° | 29° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 19° | 28° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:10, High tide: 03:10, Low Tide: 21:20, High tide: 15:22 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:08, High tide: 03:08, Low Tide: 21:18, High tide: 15:20 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 09:08, High tide: 03:07, Low Tide: 21:18, High tide: 15:19 Rehoboth: 22° | 32° Mariental: 26° | 36° Keetmanshoop: 27° | 37° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 28° | 40° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 27° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 17° | 25° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 19° | 27° Durban: 20° | 28° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 19° Harare: 17° | 23° #VALUE! #VALUE!