No Image Caption

Wat is die kanse?

Gerine Hoff
[email protected] Nou die dag lees ek ’n berig oor wat die kanse is dat ruimterommel (“space debris”) jou sal tref. Hoekom? Want vroeër vanjaar was daar twee afsonderlike voorvalle van ruimterommel wat op onverwagte plekke op aarde te lande gekom het.

Die onbeheerde landing van ’n Chinese Long March 5B-vuurpyl oor Maleisië is vinnig opgevolg deur berigte in Julie van ruimtetuig­onderdele wat in Nieu-Suid-Wallis, Australië, geval het.

So, wat is die kanse?

Wel, sover die media weet, is nog net een persoon op aarde deur ruimterommel getref: Lottie Williams van Tulsa, Oklahoma, in 1997. ’n Stuk ruimterommel so groot soos haar hand het haar skouer getref. Sy het dit opgetel, huis toe geneem en die voorval die volgende dag by die owerhede aangemeld.

Maar met meer en meer voorwerpe wat die ruimte ingestuur word (en weer afkom) is die kanse groter dat iets of iemand getref sal word. Ver­skillende skattings bestaan hieroor, maar die meeste is in die een-in- 10 000-omgewing. Die kans dat ’n spesifieke persoon getref word (soos ek of jy) is blykbaar in die orde van een uit ’n triljoen. Die kans op skade aan eiendom is groter – blykaar by die 1%.

Toe gaan soek ek op die internet na ander (on)waarskynlikhede. Om mee te begin, is die som van alle moontlike uitkomste altyd 1 (of 100 persent), want dit is seker dat een van enige moontlike uitkomste kan gebeur.

Die kans dat vuurwerke jou lewe sal eis? 1 uit 340 733, volgens die Florida Museum of Natural History (veral as jy 4 Julie in Amerika vier).

Blykbaar is die kanse dat weerlig jou tref ongeveer 300 000 tot 1, waarvan ’n gemiddeld van 24 mense elke jaar hul lewens verloor, aldus die Royal Society for the Prevention of Accidents. Vreemd genoeg is 80% van weerligslagoffers, mans. Nietemin, as jy ongelukkig genoeg is om deur weerlig getref te word, is die kanse 90% dat jy dit sal oorleef.

Terwyl tegnologiese vooruitgang mense se lewensverwagting in die afgelope eeu meer as verdubbel het, sê die Verenigde Nasies (VN) daar is ongeveer 573 000 lewende honderdjariges wêreldwyd. Vroue het ’n baie groter kans (80%) om dié mylpaal te bereik. En so gepraat van lewe en dood: Mens sou dink jy het 1 uit 365 (of 366 in ’n skrikkeljaar)-kans om op ’n spesifieke dag van die jaar dood te gaan. Maar ’n ekonoom aan die Universiteit van Chicago het ontdek jy is eintlik 6,7% meer geneig om op jou verjaardag die hede met die ewige te verwissel.

Wat is die kanse om ’n Olimpiese medalje te wen? Wel, die Olimpiese Winterspele in 2018 het 487 medaljes onder 2 952 atlete opgelewer, of 16,5%. Maar vir ’n goud is die kans maar redelik skraal op 1 uit 662 000.

En om mee af te sluit, is die kanse om ’n Oscar te wen goed as jy ’n goeie rol losslaan. Net jammer die kans om ’n filmster te word, is 1 uit 1 190 000!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!