No Image Caption

Wat verwag julle?

Mandy Rittmann
MEISIE DU PLESSIS SKRYF:

Namibia Economist: Disturbing teen pregnancy figures revealed – More than 15 000 cases recorded per year.

Hierdie fenominale getalle lê ek reg voor die deur van die regering, sowel as die onderwysdepartement. Deure is wawyd deur hierdie twee departemente oopgemaak vir kinders om seks te hê, solank hulle net sogenaamde kondome gebruik.

Kinders wat onder ouerlike toesig en tug moet wees, het regte wat jou hare laat regop staan, en ergste van als, daardie swanger kind gaan skool in skooldrag, en woon klasse by asof dit deel van elke dag is. Selfs voedingstye en moederskamers vir kinders wat babas het.

Genade mense, word wakker! Hierdie “vryhede” spreek julle goedkeuring vir tienerswangerskappe! Julle bevorder dit! Wat verwag julle? Krap nou hierdie kastaiings self uit die vuur. Julle het die situasie self geskep. Julle probeer nou met hierdie statistieke en treurmare, slegs om aborsie te wettig. Aborsie is moord, voorkom hierdie situasie. Op Facebook is alreeds maande lank advertensies van ’n sogenaamde vrouekliniek wat aborsies doen. Dit is al aangemeld by die owerhede, maar die advertensie loop steeds. Dit wil voorkom of ’n anderpad gekyk word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!