No Image Caption

Wat's dit?

PEET VENTER SNR SKRYF:

Onlangs was daar ’n lywige artikel deur ene dr. Elmari Mulder Craig in Republikein.

Dit het gehandel oor die holruggeryde kontroversiële onderwerp van "gays". Lesers word daarop gewys dat die persoon, behalwe vir die geleerde titel van doktor, bekend wil staan as "sy/haar, cisgender, sapioseksuele, demiseksuele eggenoot ". (Moenie die plus mislees nie).

Die doktor het dit eintlik teen ene Steve Hofmeyer wat graag "Die Stem" kreun as hy kans kry. Hy en doktor verskil 100% oor die kwessie.

As leser, staan ek liewer tru, want die doktor verkies dat hôi-pôllôis soos ek net kennis moet neem van bestaande professionele vakwetenskapgefundeerde perspektiewe oor hierdie hogere sielswroegende globale onderwerp.

Pedofiele en bestialiteit word ook "vakwetenskaplik gefundeer" onder die loep geneem. Gelukkig word dit nie goedgepraat nie. Eersgenoemde is glo genderneutraal en kan enige seksuele oriëntasie hê. Bestialiteit is dieremishandeling en hoort by die SPCA.

Die een subhofie, “Oopkop, nie oordeel” laat my dink. Tye verander tans drasties. My oupa sou oor bogenoemde gepraat het van “luste uit die hel”. Die Bybelse Sodom en Gomorra is dan uitgelig ter waarskuwing.

Wat het verander – die Bybel? Dit is hoeka tyd, dat ons vinnig en met dringendheid sal terugkeer na die waarheid van Gods Woord. Wie dit soek, sal dit vind.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!