Wette moet gevolg word
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Aandag alle persone met Suid-Afrikaanse voertuie in Hentiesbaai. Soos van julle agtergekom het, het NamRA vandag ’n paar Suid-Afrikaanse motors afgevat omdat voertuie langer as 90 dae in die land is.
Hier is die wet: ’n Buitelandse voertuig mag nie langer as 90 dae in die land wees, tensy die invoerbelasting betaal is nie. ’n Namibiër met ’n Suid-Afrikaanse voertuig moet die voertuig op die grens verklaar en die belasting betaal.
’n Tydelike invoer kan gedoen word as jy nie ’n Namibiër is nie, en die voertuig langer as 90 dae in Namibië gebruik gaan word. Sodra die voertuig die land verlaat met die korrekte dokumentasie, word die invoerbelasting terugbetaal. Die Roads Fund se permit wat hernu kan word, is net soos ’n voertuiglisensie en vrywaar jou nie van bogenoemde nie.
Die Suid-Afrikaanse voertuig sal deur die polisie afgeneem word en slegs terugbesorg word sodra die invoerbelasting betaal is, asook die boete van N$8 000. Neem asseblief kennis van bogenoemde.
Ek neem aan, Nampol en NamRA het vandag seker beslag op ’n paar voertuie gelê wat nie wettig op ons paaie is nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie