WhatsApp 1 Maart 2022
Baie dankie Enzo Amuele dat jy waarheid rondom Otjiwarongo-munisipaliteit so mooi opgesom het in Maandag 28 Feb. se koerant!
JOHAN EN NICKY STEYN SKRYF: Ons dogter, Nolene Steyn, het Vrydagaand die Mej. WAP-titel gewen, asook ‘n klomp ander toekennings by dieselfde geleentheid. Maar die kosbaarste was vandag (Sondag), om toevallig Michelle McLean by die Country Club Hotel in Windhoek met ontbyt raak te loop. Michelle het ons dogter ongelooflik mooi en eerbaar-openhartig ontvang en ‘n hele 10 minute met haar tyd spandeer. Sy het haar besigheidskaartjie vir Nolene gegee en gesê: “I’m just a Zoom away ... any support, advice ... you have my details!” Michelle maak nog na al die jare haar land so trots!
Komsberg: Is dit nie 'n absolute skande dat ontwikkeling langs die Oranjerivier ten koste van ons mense se menslikheid toegelaat word nie? Bestuurders (hoofsaaklik wit/SA burgers) het luukse huise en die werkers (hoofsaaklik swart Namibiërs) moet vir hulself met riete 'n skuiling bou. Hoekom laat ons regering dit toe? En dan nog sulke wrede aanvalle deur oor 'n mens te ry. Watse “mens” doen so iets? Om alles te kroon, wil die polisie nie ‘n saak oopmaak nie. Goew. Fredericks, ons doen ‘n beroep op u om ondersoek in te stel, asb.
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF: Gha... Sies... Proes... ‘n Klankie op ‘n Sondag, ja danke, verfrissend gekrui inni noordwes daarby, waar daai klankie gaan draai, inni baai, neusgange deurdrenk, gedagtes gekrenk, stoele vergaar, klankie dag na dag en jaar na jaar. Ai jai jaai, Narraville inni baai...

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie