No Image Caption

WhatsApp 10 Februarie 2022

Die tragiese berig oor die dood van Shakira de Koe is hartverskeurend. Ons moet ons kinders koester – nie verwerp nie. Hulle is ons toekoms. Na my mening het die skool nie in die beste belang van hul leerling opgetree nie. - R H

Pensioners who were never taxed, must not get pensions, they must only get grants. Let those that were employed and contributed to the tax get the government pension. It’s only fair that way.

Ek worstel hiermee. Ek oordeel nie maar mense wil nie volgens die ­Bybel lewe nie. Is dit reg dat ­voorsitters in gemeentes as base wil optree, oor mense loop, ­medewerkers sleg behandel? Gemeentes is in twee geskeur deur voorsitters. In sommige gemeentes tel voorsitters na die erediens die kollektes terwyl daar ander mense is wat dit kan doen. Wat is dit met hierdie ouderlinge? Hulle betree die heilige altaar, die preekstoel en deel soms nagmaal uit. Geagte ­biskop van die ELKRN, roep die mense ­bymekaar. Leer, onderrig en ­verduidelik aan voorsitters, want duidelik word dit verkeerd verstaan.

Vandag se kinders het dit moeilik. Toe ons kinders was, kon ons “carefree” wees en buite speel. Net kinders wees. Vandag kan kinders nie meer hul voete buite die huis sit nie want dit is te gevaarlik en die druk wat deesdae op kinders is, is ook baie meer as in my tyd. Ek kyk na my kinders se skoolwerk. . . ek kan nie onthou dat ons werk só moeilik en baie was nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!