WhatsApp 13 Julie 2022
Ons woon buite die stad en sien gereeld hoe mense hul gemors by voertuigvensters uitgooi. Die sondebokke is veral die bestuurders van swaarvoertuie. Wat 'n skande dat skoonmakers gereeld sakke vol bottels, blikke en veral plastiekhouers langs die paaie moet optel?! Hou asb. jul gemors in jul voertuig totdat julle by 'n vuilgoeddrom kom.. Hoe moeilik kan dit nou wees?
Wat gaan aan in Veddersdal, Okahandja? Kinders rook hulle dood aan drugs by die winkel en drankwinkel. Wat doen die eienaars? Ons stuur ons klein kinders winkel toe dan sit die jongens en rook drugs daar. Okahandja-polisie doen ook niks, so ook die kamma-kamma Veddersdal-komitee. Ons soek ander mense.
MTC, kan julle nie al die busstoppe reg en mooi maak nie? Gebruik sommer die werklose mense op straat want dit lyk die munisipaliteit is nie in staat nie. Byvoorbaat dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie