WhatsApp 16 Februarie 2022
Na aanleiding van die NSFAF-artikel. President vs. studente-unie. Simon Anunime het gesê: “I would encourage members not to repay their NSFAF loans. GRN should collect money from Mining and Fisheries activities to sustain the fund.” In 2015 het pres. Hage Geingob gesê: “ . . . all loans will be converted into grants, and people do not repay grants.” Maar steeds dreig NSFAF-studente, waarvan 99% sonder werk sit, of gewerk het en retrench is weens Covid. Miljoene word gesteel uit staatskaste, Fishrot. . . En niks kom daarvan? Maar studente word aangemoedig om nie te betaal om net weer gedreig te word hulle moet betaal?
Braunfels Tegniese Hoërskool. Dae aaneen sonder water. Koshuiskinders moet hulle toiletbesigheid in die bosse gaan doen. Herhaaldelike pleidooie by Namwater val al maande lank op dowe ore.
Dis tragies oor die ongeluk op die Okahandja-Otjiwarongo-pad. My innige meegevoel met die families.
Ek sal op die uitkyk wees vir Martha se boerseep. Ek dink dit gaan wondere verrig.
Alle sterkte vir Yasmeen Khan en Adriaan Booysen vir hul toekomsplanne. Daar lê nog baie jare voor hulle voor om nog groter hoogtes te bereik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie