WhatsApp 16 September 2022
Wie sien om na ons mooi stad se robotte? Sommige werk glad nie, ander hang al vir weke skeef. By ander is van die ligte dood. Dis nie net 'n gevaarlike situsie nie, maar skep 'n uiters swak, onversorgde indruk van ons stad. Waar gaan al die miljoene belasting wat ons inwoners betaal heen? Dis hoog tyd dat ons stadsraad hulle sokkies optrek en hulle werk behoorlik doen, want Windhoek is aan die verval. En dis as gevolg van hul onbevoegdheid.
Ek dink van ons telekommunikasiemaatskappye maak hope geld en winsgrense behoort 'n geringe bydrae soos een en 'n half sent uit die dollar tot die Universele Diensfonds (USF) toe te laat. As daar in beginsel 'n kwessie is oor hoe die heffing bereken is, kan daar mos al lankal buite die hof tot 'n vergelyk gekom word? Maar so is daar steeds nie 'n dooie duit in die fonds wat ontwikkeling deur middel van die uitrol van moderne kommunikasiedienste moet ondersteun nie. Kruip ons in hierdie land te maklik agter tegniese struikelblokke weg eerder as om oplossings te vind? En dit geld nie net vir die telkombedryf nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie