whatsapp
whatsapp

WhatsApp 17 Februarie 2022

Dankie aan John Grobler vir uitstekende werk i.v.m. die uitvoere van Namibiese olifante aan gewetenlose lande. Dit is 'n geweldige aanklag teen ons regering en hulle houding teenoor weerlose diere. Woordvoerder Romeo Muyunda en pres. Geingob, julle is 'n verleentheid vir ons land. Hierdie diere word verkoop aan dieretuine onder haglike omstandighede. Sou die hele spul van julle so op hok wil sit, waar julle vryheid van beweging so ingeperk word? Eeienaar van plaas waar olifante aangehou word, hoop jy kan met jou gewete saamleef. Geniet julle miljoene ten koste van ons wonderlike diere. John Grobler en al ons ondersoekende joernaliste, ons respekteer julle durf en harde werk. Welgedaan!

Windhoekers is so gelukkig om toegang tot kraakvars organiese plaasprodukte te hê. Ek hoop baie meer mense ondersteun boere deur by die Natural Marketplace in Eros, die Biomark en Namibian Farmers Online te koop. Local is lieflik!

Ek is siek en sat vir Swakop se toetsbeamptes. Die kind het nou al 4 keer gegaan en die grootste klomp snert word hy oor gedop. Daar is 'n stop- en toegeeteken op die hoek, maar jy moet op die stop wees of daar wel 'n motor aankom so hy het gestop, toe word hy gedop, want hy moes net stadiger gery het en aangegaan het. Kan dit 'n ongeluk veroorsaak? - Marietjie

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer