WhatsApp 29 Augustus 2022
Kriminaliteit is besig om toe te neem in ons mooi land, Namibië. Leeglêers en rowers is deesdae volop, arrogant en wreed. Inwoners, veral ouer persone, moet paraat wees en hul oë oophou vir skelms. Moenie jou kontant by die OTM ten toon stel nie! Beveilig jou woonplek en bly uit verlate rivierbeddings en veldpaadjies, want dis o.a. waar onskuldige mense beroof word.
Ek het so onlangs as 12 Augustus 2022 die grens tussen Namibië en SA heen en weer oorgesteek. Die enigste reisdokument wat immigrasiebeamptes by beide die Namibiese en SA grenspos verlang het, was ‘n wettige paspoort – niks meer, niks minder nie. Net soos in die tydperk voor Covid-19. Geen PCR-toets; geen inentingskaart of -sertifikaat nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie