whatsapp2018-03-120
whatsapp2018-03-120

WhatsApp 4 Augustus 2022

Dani Booysen
CoW fooie buitensporig: As Whk stedelinge saamstem, moet 'n trustrekening by 'n prokureur gestig word. Alle fooie, waar geen herkenbare diens deur CoW gedoen word nie, word daar inbetaal en uitgestel, totdat dienste gelewer word.

"Onderwys is almal se plig": Dit is almal se plig om A. Belasting te betaal. B. Nie die staat se geld te steel nie. C. Elke dag voorbereid op te daag en kinders te onderrig. D. Weg te bly van verhoudinge met skoolkinders. E. Skoolhou en skoolgaan ernstig op te neem en met ywer te werk. Maar: Dit is GRN se plig om onderwys te befonds.

Staatsamptenare staak: die wetteloosheid gaan beslis toeneem. Burgers gaan admin-prosedures ignoreer en sommer net doen, soos wil en nodig.

Brandon van Wyk [Face Book-kommentaar] apparently have no clue what Government Departments consist of and the roles all play, to make such a stupid statement to say only important ones deserves an increase.

Wat 'n ongelooflike ervaring het ons beleef by Windhoek Veterinary Clinic. Ons hondjie Luna het eers longontsteking gehad en toe sy net gesond is, vreet sy 'n muis wat rotgif ingekry het. Sy was dodelik siek en moes dit eintlik nie gemaak het nie, maar weens die liefde, deursettingsvermoë en wonderlike behandeling wat sy van al die dokters en personeel by die kliniek gekry het, het sy wonder bo wonder dit gemaak en is nou springlewendig. Al ses dokters en al die personeel was betrokke en die sorgsaamheid waarmee hulle haar behandel het is absoluut uitsonderlik. Die Hugo-gesin sal julle ewig dankbaar wees. - Willem Hugo

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer