whatsapp2018-03-120
whatsapp2018-03-120

WhatsApp 8 Augustus 2022

Dani Booysen
Hiermee wil die inwoners van Auas Hills wat verlede maand nie hul staatspensioen gekry het nie ons dankbaarheid betoon aan Brain Black, Windhoek-Oos, vir die hulp wat hy aan ons verleen het .Jy verdien 'n goue medalje. - Trix

CoW-frustrasie: Die grooste probleem is dat tel.-nos. wat voorsien word, nie geantwoord word nie. As iemand toevallig antwoord, voel die persoon nie verantwoordelik nie en skakel net verder deur (oproep eindig daar, want daar antwoord weer niemand nie), of 'n ander kollega word genoem met 'n nuwe nommer, en raai raai ... Met 'n nuwe oproep antwoord weer niemand op daardie nuwe nommer nie. Wonder hoeveel telefone in kantoere staan, lui aanhoudend, maar niemand daar nie of niemand antwoord nie? Selfoon en inkopies is meer belangrik.

Die ploteienaars langs die Visrivier in Mariental veroorsaak baie ongerief met die brand van hulle landerye - roet en as lê die hele Mariental vol en mense met asma en borsprobleme sukkel. Kan hulle nie dit doen as die wind uit 'n oostelike rigting waai, dan word niemand benadeel nie.

N4, 5 and 6 were taught at the old KVBO in Khomasdal. A lot of new jobs were started because artisans were equipped to be managers. 32 years later Namibia sees the result without N4, 5 and 6. Start this as soon as possible again. The solution for Namibia.

In Republukein, Woensdag 3 Aug. 2022. Ja, ons geld by MTC raak weg. Ek het vir my seun 2 weke gelede $150 gelaai, binne 24 uur alles spoorloos. Vir my man 3 Aug. $150 gelaai, vanoggend Saterdag alles weg. Ons het Wifi en Aweh. Ons sit mobile data af voor ons laai. Myne het al vele kere weggeraak. Mense in Gobabis ook. Wat gaan aan? Is dit n nuwe manier van privatisering? - Pensioenaris

Inderdaad besorgde leser. Iets ruik soos rot by MTC. SuperAweh hou nie drie dae, dan moet jy weer koop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!