whatsapp2018-03-120
whatsapp2018-03-120

WhatsApp 8 September 2022

Dani Booysen
Kudus aan die Wondhoekse afvalverwyderingsdienste. Hulle verskyn betyds en blyk doeltreffend te werk. Hier is iets positiefs vir 'n slag oor die CoW (selfs as dit "net'" oor "gemors" gaan ...).

Aan die nuwe NRU Board en CEO, die volgende: Julle het net voor julle aan bewind gekom het, gebrag die sponsors staan tou om te borg en wag net dat julle moet oorvat. Tot my skok verneem ek Saterdag by die finale dat die ligas speel vir mahala. Niks. Kan jy dit glo? Ocean Swallows ry van Lüderitz af vir niks? Sparta ry uit Walvis vir niks? Ek glo dit nie. Oom Corrie Mensah en sy manne het prysgelde aan spanne in die finaal gegee. Hoe kry julle dit reg? Waar is die borge wat so tou gestaan het. Dit is weer net die premierligaklubs wat voordeel trek. Die klubs moet nie weer finale gaan speel nie. Dis 'n skande.

Olympia noise: other residential areas in Windhoek also affected and continuously complaining with City Police & Nampol about late night noise of pubs, "lounges & restaurants", usually unsuccessful.

Mev. Serina Saal, ons sal mis u in Rhb. U was al een wat probeer het om 'n verskil te maak. Warrents of arrest word Whk toe gestuur maar niemand word arresteer nie; 3 tot 5 warrents of arrest. As dit by onderhoudsake kom, is dit papeties. Vroue doen hul deel, maar dan is daar manne wat niks doen, drink, doppel en verskeie lelike sake, maar niks word van onderhoudsake. Dan is daar mense wat vir oor N$300 en N$50 opgesluit word. Die wat moet opgesluit word, sluit hulle nie op want dis 'n omkopery en dan verdwyne dokumente uit onderhoud-files Rhb kantore kurapt. Rhb se goed sal nooit regkom nie.

Dit is darem 'n skreeuende skande dat daar met die arme pensioenarisse se geldjies ook gemors word. Die ou mensies kom net van dit klaar en dit word hulle ontneem. Een maand kry hulle nie, die volgende maand is dit nie eens als. Waantoe gaan ons land?????

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!