No Image Caption

Whatsapp vir 11 Desember 2024

Mandy Rittmann
Swakopmund se burgemeester en stadsvaders.

Ons nader die 2024–’25-vakansieseisoen en soos gewoonlik is Swakopmund die plek om te wees gedurende die vakansietyd. Ook saam met dit kom al die ongelukke, drink en bestuur, die jaagduiwels en die nanag-resies in die strate. Die grootste hartseer is die mense wat nie weet hoe om om die minisirkels te ry nie. Die publiek weet nie hoe en wanneer om by minisirkels rigtingwysers te gebruik nie. Elke naweek of tweede dag lê die oliestrepe oor die mini-eiland, padtekens en gevaarborde omgery, en dit kos die belastingbetaler geld. My vraag is, wat gaan die “verkeersafdeling” doen om hierdie probleem hok te slaan? Waar is die probleem of die tekortkominge? Miskien word die publiek nie goed gewys en opgevoed nie. Miskien is die diens en sigbaarheid van die verkeersbeamptes te min en moet hulle meer in die strate gesien word. Maar tot my grootste skok was ek self nou al twee keer amper in ongelukke by minisirkels betrokke, omdat die verkeersbeampte nie weet hoe om ’n verkeersirkel te gebruik nie. Ry in die regterbaan, by die sirkel mag hy slegs links draai of reguit ry, en dan gaan ons regs om die sirkel, want sy rigtingwyser is dan aan. Hiermee ’n groot asseblief aan die Swakopmund-stadsraad, en ook Jan Publiek. Kom ons maak hierdie vakansie ’n veilige een. – Fanie Kruger: T/A Fana Traffic Consult



Good day. Can someone please intervene for the nation. The grocery stores are stealing from us. They don’t give 10 cent change back. Imagine how much money they make by doing this. All of them.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!