WhatsApp vir 12 September 2024
Voor onafhanklikwording tot en met die tyd wat Polytech N4, 5 & 6 afgeskaf het, het ambagsmanne en -vroue die geleentheid gehad om in Namibië hulself te laat oplei tot N6. Dit het Namibiese ambagslui met die nodige tegniese kennis toegerus om hul eie maatskappye op die been te bring en suksesvolle maatskappye daar te stel vir Namibiese mans en vroue, om met tegniese kennis ’n bydrae tot Namibië te lewer. Nou word ambagslui net tot ’n Level 3 of Vlak 3 of tot N3 opgelei. Al drie is maar net gelykstaande, volgens NQA, aan ’n graad 12-vlak. Ek hoop van harte dat Namibië se ambagslui weer die voorreg sal kry om tot N6 opgelei te word. Dit moet op die platteland geskied waar dit moontlik is om by te woon en nie almal na Windhoek gelok word vir verdere opleiding nie! Dan kan Namibiërs weer in groot hoeveelhede werk verskaf. Hoop dit word weer ’n werklikheid!
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie