whatsapp
whatsapp

Whatsapp vir 13 Augustus 2024

Mandy Rittmann
Ek wil vandag iets van my hart af kry. Die mense wat so baie te sê het oor ek so baie ry. Ek pla niemand as ek so ry nie. Hoekom het julle ’n issue daarmee? Ek vra jou nie vir geld vir petrol nie. Bepaal julle asseblief by julle eie dinge. Ek sê ook net asseblief. – Rosa

NBC TV, waarmee is julle besig. Stop julle TV 12 uur? Julle adverteer ’n fliek, dan woep stop alles 12 uur! Elke aand, nevermind wat speel op die TV nie? Julle verwag lisensiegeld, maar kan nie die publiek entertain nie. Wie wil Al Jazeera op elke kanaal kyk? Whatagwan kan ook net op NBC1 speel, nie op twee kanale op dieselfde tyd nie.

Namibiese rugby en bestuur leef in ’n droomwêreld om te dink ons gaan vir die Wêreldbeker kwalifiseer. Kyk op SuperSport, wat die slagspreuk is vir rugby “From grassroots to greatness”. Geen aandag word aan grassroots-ontwikkeling gegee nie en dis waarom ons tans 10 jaar alreeds agter Zimbabwe ook is. Ons junior nasionale spanne het almal hierdie jaar teen Zimbabwe in SA verloor. Gee die IRB se geld vir ontwikkeling vir die klubs en hou die klubs verantwoordelik vir die skole in hul gemeenskap om te ontwikkel. Allister kom kollek net en gee niks om vir ons rugby nie. – RW7

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer