WhatsApp vir 15 Mei 2023
Dat daar nie ’n enkele dorp in die Erongostreek en noord van Okahandja tot Oshikango is, wat op NamPower se snylys is nie (Republikein, 10 Mei 2023) is net te dik vir ’n daalder. Laat mens wonder, nê! Dat bykans al die Suidedorpe, vanaf Groot Aub regdeur tot Karasburg, met enkele uitsonderings, deur NamPower geteiken word, is eweneens ’n bitter pil om te sluk. Dit maak seker sin, dis mos die mees onder- en onontwikkelde deel van ons land wat aan die ”Landless People” behoort. ’n “Land” wat gekenmerk word deur uitsluiting, uiterste vorme van verarming en werkloosheid, ’n “land” waar dit bloedsweet kos om vir basiese behoeftes te betaal. Die winter is op pad. Die hemele behoed ons!
Ag asseblief, skolerugby apartheid deur Napso. My liewe vriend, al die jare is kinders se drome verpletter deur sekere karakters wat met spankeuses alleen besluit het watter kleur en speler mag gekies word. Beste spelers was by die huis gelos oor kortsigtigheid en ander agendas. Kwotas noem hulle dit. Noudat Napso ’n fantastiese idee het om volgens hulle reëls wat baie regverdig is, spanne te kies wat SA toe toer, nou speel hulle weer met vuur. Ag asseblief, kom oor jouself en die apartheidspraatjies. Briljant Napso, gee die kinders wat verdien om te toer die geleentheid. By the way, ek het nie meer kinders op skool nie, maar was ’n produk van kwotajare.
Mag ek hiermee opkom vir Radio Kosmos se Francois Lottering na ’n onlangse SMS in Republikein. Daar is gesê dat hy te vinnig praat en mens hom nie kan verstaan nie. Francois saam met die Stad Windhoek se “Cops 94.1”, lewer ’n ongelooflike goeie diens aan die gemeenskap. Die insette wat hy saam met daardie span doen, is groot. Dalk, voor ’n mens koerant toe hardloop, bel hom man en vra hy moet net so ’n klein bietjie stadiger praat. Ons ander hoor hom uitstekend. Staan ’n slag vroeg op, of gaan meld in die nag aan by daardie span, dan praat ons weer. Hul tyd wat hulle opoffer, is kosbaar, waardeer dit asseblief. Dankie “Cops 94.1”, en vir jou Francois Lottering, ons waardeer en ondersteun julle. Jammer julle kon nie elke groter dorp in die land ook bedien nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie