No Image Caption

WhatsApp vir 16 Oktober 2024

Mandy Rittmann
#BeFree Movement, led by former first lady Monica Geingos, are pushing an LGBTQI agenda: Dis skokkend! Kan nie glo dat mense met ’n gesonde verstand sulke dinge wil en gaan toelaat nie. Julle speel met vuur en God laat nie met hom spot nie.



Stina Wu met haar Namibiese ID wat almal oor wonder waar en hoe sy dit sou gekry het. Die persoon wat goedkeuring daarvoor gegee het, is definitief ’n sommetjie geld aangebied, terwyl persone wat met Namibiërs getroud is en hulle ID’s op ’n eerlike manier wil bekom, maande en selfs jare sukkel om dit af te handel. Klink dit regverdig? Dit kan mos nie só moeilik wees om uit te vind wie dit was wat toestemming gegee het vir haar ID nie. Kla die persoon dan aan vir hoogverraad, want hulle is ’n belediging vir die land.



Daar is soveel oneerlikheid en korrupsie in ons regering en as daar gesien word watter beloftes word aan die publiek gemaak vir die verkiesing, nie net deur Swapo nie, maar al die ander partye, dan kan mens nie anders as om op jou knieë te gaan vir ons land nie. Deur die genade is God in beheer en Hy sien almal raak wat met korrupsie en leuens besig is. Kry maar julle verduidelikings reg. . . vir eendag.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!