Praat Saam WhatsApp (002)
Praat Saam WhatsApp (002)

Whatsapp vir 17 Augustus 2023

Mandy Rittmann
Ek het ’n vraag aan elke HR in Namibië. Hoekom neem ’n aanstelling so lank, hoekom sit jy HR op ’n aanstelling!

Rêrig, Walvisbaai-munisipaliteit! Watse tyd in die aand word vullis verwyder. Sesuur in die aand word in Fairways rondgejaag om vullisdromme leeg te maak. Dit, nadat die dromme al heeldag op die straat staan. Waterpyp word stukkend gesteek. Miljoene liters water spuit die lug in, loop in erwe in. Meer as ’n halfuur voordat die water gesny word. Seweuur in die aand word die water gepomp wat die heeldag in die strate lê. Maak ’n hengse lawaai daai tyd van die aand. Maar nou ja, mens kan niks beter van die munisipaliteit verwag nie. Overtime galore!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer