Whatsapp vir 17 Januarie 2025
Die staatshospitaal in Swakopmund. Waar lê die probleme vir die gedeeltes van die “swak diens en die tekortkominge”? Gedurende Desembermaand 2024 het ’n familielid in die hospitaal beland. Wat ’n skok om die diens te sien wat die pasiënte ontvang. Eerstens, begin by die begin. Duisende dankies aan die twee dokters wat haar behandel het, julle was tops en het regtig die pad gestap om haar lewe te red en gesond te maak. Maar ongelukkig moet ek oor die volgende kla: die kos, daar was wel kos vooraf gemaak, ai, maar soms so koud en oneetbaar. Dan, daar was geen linne/beddegoed nie, die familie moes dit vir haar bring, en die hartseerste besoeke aan die familielid. Besoektyd in die aande is van 19:00 tot 20:00; die deure word streng bewaak, niemand word ’n minuut voor die tyd toegelaat nie. Dan kom die skok, almal wat daar wag, soms voor 19:00 moet wag, tot die deure oopgemaak word. Soms gewag tot 19:30, dan kom die aandpersoneel wat reeds 16:45 moes aanmeld eers by die werk aan. Wat ’n irritasie. Die grootste skok dan na-ure is die swak diens, verpleërs weier op panne uit te gooi. Hoe verwag hulle ’n pasiënt wat nie kan loop nie moet dit self doen? Indien hy kon loop, sou hy die toilet gebruik het nie die pan nie. My vraag aan die regering, waar lê die probleem, by die bestuur, opsigters en hoe kan dit reggestel word”
“The triumph of the Cuban Revolution is not only a special day for the Cuban people but also one cherished by Namibians, president Nangolo Mbumba says.” Geagte mnr. waarnemende president Mbumba, moenie alle Namibiërs oor jou kam skeer en sê die Namibiese volk vier Kuba se oorwinning nie, praat vir jouself en die paar ander wat soos jy voel. Wat die Namibiese volk wel doen, is ons wag om te hoor wat die Swapo-regering gaan doen aan die vrouens en kinders wat by verkeersligte bedel vir geld/kos om aan die lewe te bly. Swapo het sy mense liederlik gefaal, en dan sommer terloops wat van die N$1,9 miljoen S&T?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie