whatsapp
whatsapp

Whatsapp vir 17 Mei 2024

Mandy Rittmann
Ek wil graag vir Senior Park se nuwe opsigter baie dankie sê vir jou positiewe begin. Ons plek begin al klaar beter lyk. Hou so aan, al dryf ons inwoners jou tot raserny.

Stuur hulle Suid-Afrika toe. Ons kort veral Afrikaansonderwysers tweede taal.

Ek hoop Namibiese besluitnemers besef dat die geskiedenis homself herhaal. Lüderitz het in die vroeë 1900’s ʼn diamantstormloop gehad. Al wat oorgebly het, is Kolmanskop wat getuig van hul “marmerbaddens-lewenstyl”. Hoop nie dit gebeur weer met die oliekolonie nie.

What is so green about the so-called green energy or hydrogen? Namibians should insist on regular air quality statistics in these areas. We want to know stats of the particle pollution, carbon monoxide, sulfur dioxide and nitrogen dioxide counts in Swakopmund and Lüderitz where these green plants are located. E.g. sulfur burns in oxygen to form sulfur dioxide. In nature it creates an acidic environment. Strong chemicals are used to dissolve the uranium. What about the incorrect processing and disposal of waste? It affects the soil, air and water negatively. Green? Indeed, very green.

Namibië sal dringend moet kyk dat hoërgraad-wiskunde en -wetenskap op so ’n hoë vlak aangebied word. Anders kan die Namibiese kind nie na Nust en Nimt gaan om tegnies opgelei te word vir wat vir Namibiërs voorlê nie!

Namibië raak ’n wettelose land! Dis tyd dat ons polisie meer sigbaar raak en hulle geld verdien. Elke dag hoor en lees ons van iemand wat iewers vermoor is, of geroof is. Ons verkeersbeamptes moet op ons land se paaie en strate kom en werk maak van almal wat padreëls oortree en ry soos hulle wil. Ons land se wetstoepassers sit hulle stoele warm, terwyl ons op die afdraande pad is!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!