No Image Caption

WhatsApp vir 18 Desember 2023

Yandi Du Plessis
Daar gebeur soms so baie slegte dinge in ’n mens se lewe, of dinge bly net skeefloop, en dan loop jy met vrese vir elke nuwe dag wat voorlê.

Die Here leer ons baie duidelik in Sy Woord dat selfs Sy kinders nie net voorspoed sal ervaar nie, maar ook teenspoed, maar alles werk ten goede mee vir hulle wat Christus liefhet.

Die wonderlikste les is altyd om al jou bekommernisse, vrese en onsekerhede vir die Here te gee en Hom te vertrou om jou deur te dra en te help met wat dit ook al mag wees.

Saam met Jesus hoef jy nie bang te wees vir môre nie, want dan het jy die Een aan jou kant wat altyd jou paaie kan gelykmaak en dinge weer laat reg uitwerk.

Baie seën vir die nuwe week wat voorlê.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer