No Image Caption

Whatsapp vir 2 Desember 2024

Mandy Rittmann
Genugtig, as die buurtwaglede nou ook al te doen het met wilddiefstal wie kan ons dan vertrou om ons veilig te hou? Julle behoort julle te skaam! Hoop hulle is summier permanent uit die buurtwag geskors! Skandelike gedrag!



Wat ons as kiesers wil hê, is dat die kandidate meer sigbaar moet wees. Ons wil darem weet vir wie ons stem. By ons moes ons 14:00 begin het, maar eers lank ná 15:00 het ons eers begin. Maar die atmosfeer was heel goed, dit het die gewag uitgesorteer. Dankie julle.



Metro Venus Supermarket. Thanks alot for your great service. You guys are doing very well, especially your Service Department Manager who is very helpful and friendly. I hope other stores can learn from you guys.



Met alle respek. Ek verwys as voorbeeld na vandag, Maandag 25 November 2024, se uitgawe.

Die koerant bestaan uit 16 bladsye. Sewe van die bladsye – ook met advertensies – is ooglopend "nuus". Twee van hierdie sewe bladsye word deur foto’s van die Kiekiekompetisie opgeneem. Dus verminder die sewe "nuus"-bladsye na slegs vyf. Die ander nege bladsye van die 16 bladsykoerant is volblad-advertensies. My vraag is of dit die heel beste is waarmee die redaksie van Republikein kan opkom? – Johan Gous



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer