whatsapp
whatsapp

Whatsapp vir 22 April 2024

Mandy Rittmann
Keetmanshoop bly ongelukkig in die nuus vir die nie so lekker dinge nie, byvoorbeeld in die woonbuurte Noordhoek en Westdene waar die quads net maak soos hulle wil; versteur die rus, spin en jaag soos duiwels. Dan snags is daar die maniakke wat “doughnuts” gooi in die reeds erg beskadigde strate.

Sulke tye is die verkeersmense nêrens te sien nie. As die son ondergaan, verdwyn dié beamptes net eenvoudig. Dan is daar honde wat die nagrus versteur, onophoudelik. Die eienaars in net afwesig. Daar is net geen beheer oor dit nie. Hoe is dit Keetmanshoop-munisipaliteit?

Keetmanshoop: Die huidige stadsraad van dié dorp, wat nou al ʼn paar jaar in plek is, wat gaan aan by die dorp se swembad? Hoe lank lê dit nou al in onbruik, dalk twee jaar sonder water. Die gras groei lank, daar was geweldige warm dae in die somer. Waar kan die jong klomp ʼn bietjie gaan afkoel en ontspan. Vroeër was dit ʼn goed versorgde plek, met lekker water? Westdene se stadion: Wanneer word dit ʼn slag netjies geverf en oorgedoen. Selfs die gras moes al lankal oorgeplant en die besproeiing moes opgeknap gewees het. Hier kom mos baie geleenthede waar mense saam kom vir sport, skoue en ander geleenthede. As die skousaal of enige deel van dié gronde verhuur word, waarom word vullis, rommel, agterna daar gelos, moet die huurders dit dan nie skoon agterlaat nie? Raadslede kan gerus ook betrokke raak in dié opsig, u dien tog die Suide, die dorp en omliggende gemeenskappe, nie waar nie? Mens kan net die personeel krag toe bid. So baie van hul doen meer as hul deel, met die bietjie wat tot hul beskikking is. Word daar dan nie voorsorg getref, finansiële beplanning gedoen, ens nie?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer