WhatsApp vir 25 Maart 2024
As ’n kind van Rehoboth en spesifiek van Blok E is ek moeg vir die “kerk-speletjies” wat in Blok E aangaan. Die ontstaan van die sogenaamde “Exodus Evangeliese Lutherse Kerk” het ons mense wat saam was in stukkies kom opgebreek, families uitmekaar geskeur. En wat die seerste is, dat die mense van die Ebenhaeser Parogie afgebreek het en nog verder in paar stukkies opgebreek het. Wat hulle in daardie sogenaamde Lutherse Kerk doen, is iets anders. (Pinkster-praktyke). Dinge wat nie “Luthers” is nie, word daar gedoen. Hulle moet vir ons die grootste guns bewys deur net vir ons die Lutherse naam terug te gee, want hulle doen ander goed wat nie in ’n Lutherse kerk gedoen word nie. Eintlik moet hulle net hulle se trots sluk en terugkom. Die Lutherse kerk wat ons ouers en voorouers vir ons nagelaat het, het nou ’n speelding geword. Wie sal met hierdie mense praat? “Evangeliste en diakoniste” dra glad “collers” soos die pastore. Wat my nog seermaak, is die onskuldige kinders en oumense wat net saamgesleep is. My beroep op hierdie sogenaamde “Lutherane” is om huistoe terug te kom. Ons sal hulle met ope arms terug ontvang. Lutherse pastore word by die Paulineum opgelei, maar deesdae word die pastore net “gehand-pick”. Hou julle op, mense!
I have been calling NamPower (the so called National Control) for more than two years to come and fix streetlamps in Groot-Aub, without any success.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie