whatsapp
whatsapp

Whatsapp vir 28 Augustus 2024

Mandy Rittmann
Goeiedag. Ek wil graag my concern deel. Die krag in Rehoboth is so duur, mens kan regtig nie meer voorbly nie. Wil graag weet hoekom kan NamPower nie self direk aan Rehoboth krag voorsien nie. Hoekom moet daar ‘n middelman wees? Is dit reg? Ons krepeer onder krag- en waterpryse wat so hoog is. In fact is Windhoek se prys per unit goedkoper as Rehoboth s’n. Hoe moet ons, die ou op die straat lewe? Rêrig, weet nie waarheen is ons op pad nie. Mense skrik wakker!

Die groen-nommerplaat motors, wie is veronderstel om hulle te gebruik? Staatspersoneel? Vanmiddag vieruur was ek by die see. Daar waar die einde van Moses Garoebstraat is, waar mens by die see kan stop. GRN27980 was daar met twee dametjies en ’n man besig om sakke met iets op te laai. Vermoed dit was skulpe. Geen probleem met die skulpe nie, maar die feit dat hulle taxi van die motor gemaak het. Wie betaal die petrol en onderhoud van staatsmotors? Die algemene publiek! – Van wyk

Windhoek se Game of Thrones. Soos jy ouer raak in die lewe kry jy met die "sisteem" van Windhoek te doen. Ter opsomming ’n Game of Thrones in elkeen se entiteit. Behoede jou as iemand afsterwe. Hier ontmoet jy die “Meester Throne Gamers” en jy “do not dare differ from them”. “This is my Kingdom I build in this one horse town! Said King Prosperous”: Boedelberedderaar!

Soos dit is, moet jy nou jou geliefde se eiendom verkoop, want die testament-verdeling sê so. Net om die Groot “Big Five” te ontmoet van die eiendomsmark! Een “Throne member” stuur haar reëls vir jou uit voor sy haar voet op jou werf sit. In die reëls manipuleer sy stil-stil jou prys! Die mark vir eiendom is vir: ’n vrywillige koper en ’n vrywillige verkoper, roep my bron van kennis in my uit! Nee, o nee ons maak die koerante oop en sien hul groot medaljes dra van die beste in die weste!

So kom die middelman en vreet die oes op, terwyl hul joppie oorspronklik was, om slegs te verkoop! O wee, die Game of Thrones in onse one horse town!

The city police’s warning comes after Namibian police inspector general Joseph Shikongo last month urged traffic officers to give road users warnings, rather than issue tickets immediately. Nee mnr. Shikongo! Dis heeltemal te laat vir “warnings”. Duidelik was jy baie lank gelede in die strate om te sien hoe lyk wanorde. Elke tweede persoon ry oor rooi verkeersligte en stopstrate. Dalk is daar ’n paar note weggesteek onder die voters cards, nê? Julle moet wakker word en orde begin handhaaf.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 0 Leganés European Championships Qualifying: Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 22° | 39° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 19° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 23° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 16° | 33° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 13° | 30° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:14, High tide: 05:25, Low Tide: 23:45, High tide: 17:42 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:23, Low Tide: 23:43, High tide: 17:40 Walvis Bay: 11° | 19° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:22, Low Tide: 23:43, High tide: 17:39 Rehoboth: 11° | 30° Mariental: 9° | 26° Keetmanshoop: 7° | 24° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 9° | 22° Ariamsvlei: 7° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 21° | 36° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 11° | 26° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 12° | 18° Durban: 17° | 20° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 23° | 34° Harare: 19° | 31° #N/A #N/A