WhatsApp vir 28 Februarie 2023

Mandy Rittmann
Wonder of die eerste dame van Amerika, Gill Biden, weet dat dit wat sy in Namibië gewys en gesien het nie die ware prentjie is nie. Dalk moes die leiers van die opposisiepartye haar op die lughawe gaan ontmoet het en haar gaan wys het hoe lyk ons staatshospitale en dan sommer ook Noorde toe gevat het en gaan wys het hoe die kinders onder bome moet skoolgaan. Dit is waarmee Namibië se mense elke dag te doen het.

Ek kry nou ’n SMS-boodskap van my hospitaalplanfonds, dat ’n sekere bedrag van my eis in my bankrekening inbetaal gaan word. PSEMAS, wanneer gaan julle wakker word en aan jul lede ook ’n SMS stuur wanneer jul ’n eis uitbetaal? Genade, dis al so ’n ou praktyk, en nog steeds moet mens wonder watse eienaardige inbetaling is in my bankrekening, en die bank kan my ook nie sê nie, want dis net ’n spul nommers en syfers! Of het jul nog nie besef, dat dit die gouste is wat bedrog ook aan die lig sal kom nie! Of sit ek nou die pot mis? – Ronèlle

Mnr. Tim Ekandjo. Het MTC nou die funksie oorgeneem van die Namibiese polisie, ID-kantore en regeringskantore?

Ons gesigfoto en vingerafdrukke? Jul gaan dit glo veilig hou? Watse versekering het ons? Hierdie biometriese inligting. Is dit al in die Government Gazette geadverteer en goedgekeur. Dis nie net vir afsny nie. Ons het ’n konstitusie waar ons privaatheid geskend kan word. Alle staatsdienste maak gebruik van die Goverment Gazette, Nekundi, soos u aanhaal die staat se Mobiele Telekommunikasie maatskappy, MTC?

MTC, Vrydag 24 Februarie se Spotprent. “Netwerkprobleme is opgelos en data sal teruggegee word waar verlore gegaan het”. Gaan ons biometriese data ook so teruggegee word waar dit verlore gegaan het? Namibiërs Penduka!

Senior mense se pensioene word verhoog van April. Dit word waardeer, maar daar sluk die petrol alweer die verhoging in.

Kan iemand asseblief vir iemand anders die tender gee, want die skiep staan al twee weke in Otjomuise, 7de Laan en dit stink vreeslik. Ons raak siek, asseblief! – W.P

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!