WhatsApp vir 28 Maart 2023
Ons wil graag vra, wat het nou geword van die die SME help scheme. Ons het complaints gestuur na Bank of Namibia via emails, maar dis doodstil. Mense gee die geld vir die mense. Die launch is nou al lankal verby en nog maak die banke of dit hul geld is. Asseblief, Bank of Namibia doen iets. Ons het al amper alles van ons verkoop om skuld te betaal. Ons het meer niks. Wat is die probleem regtig? Die klomp dokumente wat hulle vra, kos ook ’n klomp geld. Bipa, NamRA as daar nie werk was, companies het afgelê met Covid, hoe kon jy hierdie verpligtinge nakom?
In verband met die misleiding onder die Baster-gemeenskap van Rehoboth, wat veroorsaak is deur die huidiglike verhoorafwagtende, sogenaamde kaptein’s in ’n Namibië se Hof (Publieke Hof) in Windhoek. Eerstens is hier twee tipe wetgewings ter sprake. Die Vaderlike wetgewing, privaat en hierdie wet van 1872 is van toepassing in die Rehoboth Gebiet, en alles wat daarmee gepaard gaan. Namibië se wet (Konstitusie) is van toepassing in publieke wetgewing, soos in hulle konstitusie ooreenstem. Hoe is dit moontlik dat twee jurisdiksies gemeng kan word? Hoop die manne kan aan die Volk verduidelik onder watter wet is hulle dan verkies? – Daniel Izaaks
MTC se e-posdiens is nou reeds vir twee weke buite werking. Kan hulle asseblief hulle kliënte laat weet wat aangaan en wanneer dit weer gaan werk. Dit is tyd vir aanlyn rekeninge om in te kom vir betaling voor maandeinde.
Kan Erindi asseblief verduidelik hoe Zest Investments, B. Enslin die paaie gebruik om abnormale vragte na Omaruru te vervoer, sonder die nodige permitte en is die eienaar van Erindi bewus van dit?
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie