No Image Caption

Whatsapp vir 3 Maart 2025

Mandy Rittmann
Otjiwarongo-vloed 26 Februarie 2025: Hoekom het die skoolhoofde nie die kinders veilig by die skool gehou nie? Waar was NDF en Nampol, om mense by vloedende riviere by te staan? Afwesig! Die staat het jammerlik gefaal.



Graag vra ek volgende aan die Swakopmund-munisipaliteit se stadsvaders.

Verkiesingsplakkate, foto’s wat teen pale hang in Swakopmund. Hoe werk dit nou? In die verlede moes partye X bedrag deposito aan die munisipaliteit betaal voor hulle plakkate teen die palle kon plaas. Ná die verkiesing verby is, het die party sy plakkate afgehaal, en kon hulle weer hul deposito terugkry. Indien die plakkate nie verwyder is nie, het die munisipale werke-afdeling dit gedoen, en het die betrokke party sy deposito verbeur.

Nou wat gaan nou aan? Die verkiesing is al maande verby, en daar hang nog, plakkate/foto’s van die Republikeinse Party, “Henk Mudge vir President” veral in die strate om die Platz Am Meer Mall. Asseblief, dit ontsier Swakopmund se strate.



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer