Whatsapp vir 3 September 2024
Rehoboth-skoukomitee: Hiermee rig ek ’n vriendelike dog dringende skrywe aan u aangaande die werksaamhede van u organisasie. Ons wou net verneem wie die voorsitter en wie die aktiewe of dienende lede van die Rehoboth-skoukomitee is, aangesien ons van die Rehoboth-sakegemeenskap nie volkome inligting rondom u organisasie het nie. As ons probeer korrespondeer deur die individue wat ons dink van u organisasie is, kry ons nie bevredigende antwoorde, of dan ook geen reaksie op ons korrespondensie nie. Ons die SME’s van Rehoboth kry maar geen of min voorkeur wanneer dit kom by die Rehoboth-skou om dienste te lewer, byvoorbeeld sekuriteitsdienste word jaarliks net aan ’n spesifieke maatskappy toegestaan, terwyl daar ’n breë spektrum van SME’s is wat sekuritietsdienste kan lewer. Ons wil hê hierdie skrywe moet u dringende aandag geniet. – Rehoboth SME's aan diens
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie