whatsapp (002) Logo
whatsapp (002) Logo

Whatsapp vir 5 Maart 2024

Mandy Rittmann
Vir aandag Teenkorrupsiekommissie, PBON, ombudsman en almal betrokke vir die eerste en die laaste keer. Ons pleidooie oor Hardap regional council se procurement board en evaluation committee van hoe tenders geallokeer word, is besig om die hele streek lam te lê, omdat die deputy director of administration ’n “one man show run”. Hy is alles in een; dis hy wat besluit watter SME’s van sy keuse moet tenders kry en die C.R.O. speel ook saam aangesien hy hierdie tender-allokasie teken en goedkeur wetend dat dit onwettig is. Hardap region leadership is glo blind hieroor. Die regional governor, dra stellig ook kennis van alles.

Verlede week se Republikein wys ’n hengse onvermoë van die regering baie duidelik uit. ’n Hele paar weke ná president Geingob se afsterwe, word nog steeds miljoene bestee om hom te eer en te verheerlik. Dit terwyl “social babies” se lewens van hul eerste asem af opgefoeter word in hul begin jare al.

Die pure onvermoë van die regering om wet en orde te handhaaf en voorsiening te maak vir duisende wat onder haglike omstandighede skool toe moet gaan. Ek voel die ophef en fanfare wat van die ontslape president gemaak word, lyk of hy dalk ’n “saint” was. Dit lyk na opheffing in die oortreffende trap. Ek dink nie ’n gewone mens wat vir sy land so geveg het soos president Geingob, sou van so ’n bohaai gehou het nie.

As net die helfte van hierdie onkoste gespaar kon word, sou dit al ’n skool of twee kon gebou het. Dis na als die nuwe nageslag wat vir die wolwe gegooi word. Rus in vrede, Hage Geingob!

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!