Praat Saam WhatsApp (002)
Praat Saam WhatsApp (002)

WhatsApp vir 7 Junie 2023

Mandy Rittmann
Dis darem baie snaaks, hordes warrants of arrest word uitgestuur, almal word gekry. Windhoek se polisie moet hul werk asseblief doen. Ander plekke se persone word gekry, plus mense in Rehoboth. Jy gaan soek persoon by werk, maar mense is nie elke keer daar nie of die persone en sy werk speel saam, dit kan ook gesê word wie met die warrant of arrest gewerk het nie. As daar navraag gedoen word, is daar ook nie antwoorde nie. Geregtigheid sal geskiet. Die persoon is nog nooit geweier om sy kind te sien nie, hy stel skoon nie belang nie, vlug vir sy pligte, een leuen na die ander. Geld vir dobbel en om te drink van Maandag tot Sondag en mense te entertain. Daar is mans wat hul plig nakom, en vroumense ook, maar daar is mans wat nie, en vroumense jy wat opreg is, eerlik die regte stappe vat en nie mense omkoop nie, se dokumente en saak kom net nêrens nie. Die wat mense bly omkoop, plus dan dreig jy nog mens met wet, ensovoorts. Vlug dat jy nie gekry word nie, aanhou sal jy nie mense kan omkoop nie. Geregtigheid sal geskiet.

Dankie mev. Serina. Sal ons sien wat u doen, u opreg eerlike. Jy kry min wat in hul werk so is.

Kan die ministerie wat verantwoordelik is vir die vraag asseblief antwoord. Wat het geword van die N$100 wat die senior burgers moes kry? Dis al Juniemaand.

Kan NamPower antwoord. Die vreeslike kragrekenings nou aan die orde van dag vir sekere dorpe. Waar kom die bedrae vandaan en wat het van die geld geword by munisipaliteite waar inwoners gereeld betaal het?

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!