WhatsApps 8 Desember 2022
Hierdie is storting (dumping) van bourommel in die rivier op pad na die Kleine Kuppe-stortingsterrein. Hoe kan mense so iets doen, in ’n rivier, feitlik in die stad, en 200 m van die stortingsterrein af? Dit gaan die natuurlike vloei van die rivier en die ekosisteem wat van daardie water afhanklik is, totaal ontwrig. Nee man! As enigiemand waarneem as sulke aktiwiteite plaasvind, bel asseblief sommer onmiddellik die City of Windhoek en die stadspolisie, dat hierdie tipe misdaad teen die omgewing en ons mooi land stopgesit kan word. Dit is aan die City of Windhoek gerapporteer.
Kan Otjiwarongo nie die waatlemoene Rehoboth toe bring nie. Hier kos dit R100.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie