No Image Caption

WhatsApps for 19 Oktober 2022

Mandy Rittmann
Kan City of Windhoek regtig nie maar die verkeersligte verwyder by Moses Garoeb- en Visarendstraat nie? Dis nou al meer as drie maande buite werking, en as dit eendag herstel word, dan werk dit omtrent net twee weke, dan is dit weer stukkend.

Ek sidder om te dink wat die brandstof verbruik en die misbruik daarvan is per maand. Kan iemand in die ministerie van vervoer dalk vir ons laat weet wat hulle “checks and balances” is rakende die brandstof verbruik per maand. – Leon

Ongelooflik hoe privaat skole nou probeer besparingsmaatreëls instel deur hul onderwysers deeltyds aan te stel. Dit is nou net vir die “payslip”, maar die hele maand werk jy voltyds. Die arbeidswet is duidelik nie vir privaat skole nie!

Arme mnr. Duiker! Is dalk tyd dat hy maar ouetehuis toe skuif. Hy is al jare lank ’n verleentheid vir Namibië se sport en kos die ouers van hierdie land duisende dollars. Maak tog ’n vinnige einde aan die treurmare!

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer