WhatsApps vir 13 Februarie 2023
As burger van Namibië dink ek aan die Fishrot-skandaal, Air Namibia, RCC, TransNamib. Het die ontploffing in Libanon dieselfde impak op hul land se burgers, as wat Namibië beleef met al die korrupsie in die land? Ek dink die “cherry op die koek” is Namibië se president wat verwag die onderwysers moet klaskamers begin bou. Skuld regeringslui nie ’n verskoning aan die Namibiese volk, dat alles onder ’n “Swapo-regering” net so ’n impak het soos daardie ontploffing in Libanon nie!
Wat gaan by Senior Park aan? Dis nou ’n seker tannie se losieshuis. Dit wemel van mense wat by die ou mense bly. Ons ken die reëling van twee weke, maar nee, dis nou baie langer. Net soos sekere mense daar bly wat GIPF kry. Maar as ander aansoek doen wat GIPF kry, word hul geweier. Gee almal plek of laat hulle wat daar bly met GIPF onmiddellik uitgaan. Antie Rina dankie vir orde toe jy hoof was.
Ai ons arme president dink hy bly in Utopia. Wonder waarvoor hy daar is. Niks vir skole gedoen, nou dat als platgeval het, moet onnies met pale en blikkies afdakke bou. Met geld wat hul waar kry? Materiaal kos geld, of moet hul dit maar iewers by iemand anders steel. Hoe lank het dit hom nou gevat om agter te kom dat als al lankal platgeval het? Waar moet die geld nou vandaan kom, as als al gesteel is? Hy praat van sy skooldae as anders en beter. Was dit ook dalk apartheid se skuld? Ek wens hy wil opnoem wat hulle al reggekry het wat goed was. Seker Swapo se nuwe hoofkantoor en die Peoples Palace. Hoe lank gaan die massas nog tevrede wees? Dis al lankal te laat om op te staan en te probeer red wat te redde is. Siestog, hy weet nog nie eens skoliere slaap ook onder bome of op die vloer nie. Hul kry dan nou verniet skoolopleiding. Ai tog, dis nou “cut your nose to spite your face”. Maar dis baie lekker in Utopia. Hy kla oor depressie, maar hy het 10 jaar terug of langer al uitgebrand! Van al die wonder gaan die son onder. Net die Here kan ons nog help. Kom ons bid saam Namibië vir redding.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie